University of Johannesburg
Browse

File(s) not publicly available

Reason: Files In Copyright and only available on request from UJ Archives and Special Collections. Please Email archives@uj.ac.za or visit our website for more information: https://www.uj.ac.za/library/information-resources/special-collections/about-us

Dra die keiser klere? : diskresie en wetteloosheid in strafregspleging - quo vadis Suid-Afrika?

educational resource
posted on 2024-11-18, 16:25 authored by Inaugural addresses
Inaugural lecture--Department of Public Law, Rand Afrikaans University, 7 May 1997@@Die volkome regulering van menslike optrede deur voorgeskrewe reels en wetgewing is totaal onmoontlik. Die onafwendbare gevolg is dat daar aan regsprekers (regters en landdroste) 'n diskresie verleen word wat op verskillende stadiums van byvoorbeeld 'n strafsaak ter sprake kom "Discretion begins where law ends." Die diskresie waaroor regsprekers beskik om getuienis toelaatbaar of ontoelaatbaar te reel, kry veral die afgelope tyd besondere aandag. Die invloed wat die nuwe grondwet, (in die besonder die handves van regte), op die diskresie-uitoefening het, word gemanifesteer in die groot aantal hofbeslissings wat in die laaste paar jaar hieroor gehandel het. Weens die ongekende vlaag van misdaad en die gemeenskap se dringende noodroep op beter beskerming, word regsprekers se optrede, meer as ooit tevore onder die vergrootglas geplaas. Die persepsie bestaan dat die strafregspleging-stelsel in Suid-Afrika besig is om in duie te stort en die besondere klem wat die regte van die aangeklaagde kry, dra dikwels die blaam. Elke regspreker behoort te streef na die handhawing van 'n gesonde balans tussen die beskerming van die individu en die aandrang van die gemeenskap dat misdaad onder beheer gebring moet word. Indien misdadigers byvoorbeeld weens tegniese redes vrygespreek sou word, sal 'n persepsie dat die grondwet misdadigers beskerm ten koste van die gemeenskap, bly voortbestaan.

History

Date of creation

2008-11-10

Date submitted to repository

1997-05-07

Copyright information

University of Johannesburg

Original repository

Vital

Repository

Special Collections

Collection/Group

Inaugural addresses

Sub collection

1005|RAU Inaugural Addresses

Type of material

Inaugural

Research purpose

Teaching lecture

Legacy Handle

10210/1578

Usage metrics

    Inaugural addresses

    Exports

    RefWorks
    BibTeX
    Ref. manager
    Endnote
    DataCite
    NLM
    DC